top of page

Nuutste Potgooie

Corné Dannhauser

Grysheid Wysheid

​

Hoe voel jy oor oumense? Hoe voel dit as jy reeds 'n meer senior persoon is? Wat maak jy met jou ondervinding?

Staan op, GebedsKryger! Thumb.png

Eben Swart

Staan op, Gebedskryger! Wat is gebed (1)

​

Eben Swart van Trumpet Call Ministries deel hierdie ongelooflike waardevolle lering met ons luisteraars. Dit is deel van hulle opleiding aan intersessors, maar is van groot waarde vir elke gelowige. Eben is 'n fantastiese leeraar.

​

In hierdie episode praat hy oor gebed, wat dit is, hoe dit werk en hoekom.

Staan op, Gebedskryger 02. Wat is gebed (2)Eben Swart
00:00 / 20:11

Ons Storie

Radio Nuwe Lied sien die lig in 2020. Dis die resultaat van 'n behoefte om 'n mediaplatform te hê wat mense wêreldwyd in Afrikaans kan bedien, met inhoud wat gesinsvriendelik is, met 'n Christelike wêreldsbeskouing. Die inhoud moet meer bevat as net 'n 'Boekevat' gedeelte - intense lering- maar ook net lekker gemeenskapsake en ligte vermaak.

​

Radio Nuwe Lied skop af met 'n kombinasie van aanlyn  tradisionele radio en potgooie. Binne maande het hulle luisteraars in 24 lande. Die radio voel trots en doen goed, maar die handjievol personeel werk hulleself in die grond in. So, aanpassings word gemaak. 

​

Aangesien aanlynradio net so ver kan gaan - wie gaan nou heeldag radio luister as dit jou data op gebruik - is die eerste besluit om slegs potgooie te doen. Dit spaar 'n astronomiese hoeveelheid tyd. Tweedens doen ons weg met musiek wat tussen al die programme uitgesaai word, weereens omdat mense beter manier het om deesdae musiek te verbruik, met al die opsies van beskikbare stromingsplatforms soos Spotify, iTunes, YouTube Music en Deezer.

​

Volgende word lewende uitsendings van potgooie ook tydelik gestop. Die verskil tussen 'n regte lewende potgooi en dieselfde episode wat jy kyk of luister wanneer jy wil, is nie die moeite werd vir die hoeveelheid energie en tyd wat dit neem om dit te doen nie. 

​

Om al hierdie verandering te vier, dateer Radio Nuwe Lied toe ook hulle 'look' op. Welkom by die vernuwe Radio Nuwe Lied. Dieselfde fantastiese inhoud, vars voorgesit!

Lekka Koffie ad vir RNL.jpg
M4W RNL Ad (300 x 350 px).jpg
bottom of page