
Hier is ons mense
Corné Dannhauser
Corné is oor die afgelope ongeveer 3 dekades goed toegerus om die leisels in hand te hê by Radio Nuwe Lied. Hy begin sy padjie na skool met B.Sc (Agric) by TUKS. Toe ontmoet hy 'n baskitaar en studeer kontemporêre musiek by die destydse Pretoria Technikon. Hierna pak hy Teologie aan, eers by RAU en toe SATS.
Corné was bevoorreg om gedurende sy musiekloopbaan die opnameateljee en verhoog te deel met die room van SA se vermaaklikheidssterre, onder andere Nataniel (vir wie hy 14 jaar lank baskitaar gespeel het), Coenie de Villiers (saam met wie hy SAMA-wenners opgeneem het), Afrikasterre soos Judith Sepuma en Lira en internasionale sterre soos Stef Bos (saam met wie hy die DVD, Wit sand, Rooi Bloed, opgeneem het) en die Chinese popster, Lili Feng, saam met wie hy na China toer.
As skrywer en komponis is van sy werke op radio en TV, vir beide sy eie en Huwelied (die duet saam met sy vrou, Heidi) se musiek , sowel as ander kunstenaars. Hy komponeer en vervaardig ook die musiek vir ''n realiteits TV-reeks vir SABC2.
Sedert 2001 is hy en Heidi ook woelig met korporatiewe vermaak as Velvet Motion. Hulle brei later hulle dienste uit na die troumark as Music 4 Weddings. Beidi hierdie dienste is nogsteeds deel van hulle diens aan die wêreld.
Aan die bedieningskant van sake, is hy reeds sedert 1996 betrokke by verskeie ander bedienings, meestal deeltyds, maar ook op twee geleenthede voltyds. In 2011 begin hy en Heidi Ware Lewe Bediening. Hulle lei later 'n gemeente waar Corné verantwoordelik is vir die weeklikse prediking. Hulle bied ook saam die lewensveranderende huwelikskursus, Gesonde Geseënde Gesinne (Healthy Happy Homes vir Engelssprekendes), aan.
Hy het selfs 'n paar jaar 'n paralelle loopbaan in die gesondheidswêreld as hoofinstrukteur van Kettlebell Wellness, waar hy instrukteurs oplei, asook kursusse oor gesonde voeding (dieët vir gewone mense).
Tans is hy en Heidi besig om natuurlike produkte aanlyn te versprei as deel van Huwelied se produktereeks. Dit sluit 'n reeks van lyfprodukte, natuurlik-alternatiewe gesondheidsprodukte en groenverboude koffie in.
Radio Nuwe Lied in die bymekaarkom van hierdie uiteenlopende belangstellings, opleiding en praktiese ondervinding.
?

Frans Joubert
Frans kom uit generasies van mense in bediening waar die Heilige Gees aan die werk was.
Hy bied hierdie leeringsreeks, The Key of David, aan in Engels. Dit werk stelselmatig deur sy boek, "22:22 The Key of David".
Jy kan die boek hier kry:
Mia Cafe Online Store: https://mhponlinestore.myshopify.com/products/22-22
Amazon: https://www.amazon.com/22-22-David-Frans-Joubert-ebook/dp/B0DCGCMQV7
Kontak Frans by fransjoubert144@gmail.com of 076 966 9351.

Riekert Botha
Riekert en sy vrou, Pippa, is al sedert die vroeg 90's in bediening. Hy verwerf algemene bekendheid as aanbieder van Pleisters vir die siel op RSG. Riekert is 'n baie gewilde leeraar wat landswyd mense toespreek. Hy is ook 'n baie aktiewe skrywer met 'n magdom boeke wat al gepubliseer is.
Radio Nuwe Lied vind groot byval by sy deeglike, tog gemaklike lerings. Ons deel graag sy werk op ons platform.
Leer gerus meer van Riekert se doen en late by
https://www.riekertbotha.co.za/
of kontak hom telefonies by 069 511 3934.
?

Dudley Anderson
Dudley Anderson is a veteran in the Christian broadcasting world. He has been producing long and short form content for Christian radio stations and media houses for decades. Radio Nuwe Lied is honoured to host some of his material here, specifically so that our English listeners can also have spiritual content, and not just a talk show.
In The Reality, Dudley hosts interviews with people whose lives have been touched and changed for the good, for good, by the reality as found in Christ. Colossians 2:17: These are a shadow of the things to come, but the reality is found in Christ.
The Reality is produced by Sure Reality. For more information visit www.surereality.net

