Hier is ons mense
Corné Dannhauser
Corné is oor die afgelope ongeveer 3 dekades goed toegerus om die leisels in hand te hê by Radio Nuwe Lied. Hy begin sy padjie na skool met B.Sc (Agric) by TUKS. Toe ontmoet hy 'n baskitaar en studeer kontemporêre musiek by die destydse Pretoria Technikon. Hierna pak hy Teologie aan, eers by RAU en toe SATS.
​
Corné was bevoorreg om gedurende sy musiekloopbaan die opnameateljee en verhoog te deel met die room van SA se vermaaklikheidssterre, onder andere Nataniel (vir wie hy 14 jaar lank baskitaar gespeel het), Coenie de Villiers (saam met wie hy SAMA-wenners opgeneem het), Afrikasterre soos Judith Sepuma en Lira en internasionale sterre soos Stef Bos (saam met wie hy die DVD, Wit sand, Rooi Bloed, opgeneem het) en die Chinese popster, Lili Feng, saam met wie hy na China toer.
​
As skrywer en komponis is van sy werke op radio en TV, vir beide sy eie en Huwelied (die duet saam met sy vrou, Heidi) se musiek , sowel as ander kunstenaars. Hy komponeer en vervaardig ook die musiek vir ''n realiteits TV-reeks vir SABC2.
​
Sedert 2001 is hy en Heidi ook woelig met korporatiewe vermaak as Velvet Motion. Hulle brei later hulle dienste uit na die troumark as Music 4 Weddings. Beidi hierdie dienste is nogsteeds deel van hulle diens aan die wêreld.
​
Aan die bedieningskant van sake, is hy reeds sedert 1996 betrokke by verskeie ander bedienings, meestal deeltyds, maar ook op twee geleenthede voltyds. In 2011 begin hy en Heidi Ware Lewe Bediening. Hulle lei later 'n gemeente waar Corné verantwoordelik is vir die weeklikse prediking. Hulle bied ook saam die lewensveranderende huwelikskursus, Gesonde Geseënde Gesinne (Healthy Happy Homes vir Engelssprekendes), aan.
Hy het selfs 'n paar jaar 'n paralelle loopbaan in die gesondheidswêreld as hoofinstrukteur van Kettlebell Wellness, waar hy instrukteurs oplei, asook kursusse oor gesonde voeding (dieët vir gewone mense).
​
Tans is hy en Heidi besig om natuurlike produkte aanlyn te versprei as deel van Huwelied se produktereeks. Dit sluit 'n reeks van lyfprodukte, natuurlik-alternatiewe gesondheidsprodukte en groenverboude koffie in.
​
Radio Nuwe Lied in die bymekaarkom van hierdie uiteenlopende belangstellings, opleiding en praktiese ondervinding.
Heidi Dannhauser
Net soos Corné, het Heidi dekades se ondervinding wat sy gebruik in die diens van Radio Nuwe Lied. Na skool studeer sy drama aan UOVS. Reeds vroeg is sy 'n gesogte in die teaterwêreld en as aktrise, sangeres, danser en multi-instrumentalis, deel sy die verhoog en TV-skerms met van ons land se beste.
Sy sing opera, soos in Madame Butterfly, sy doen jare lank teater, soos The Buddy Holly Story. Sy doen die hoofvertonings by kunstefeeste, soos Liefde en Oorlog saam met At Botha en AJ van der Merwe. Heidi gooi draaie in TV-reekse soos Triptiek en Die Jackpot, sy vermaak kleingoed met kinderteater, Sy doen oorklankwerk vir die SAUK, sing klingels, doen stemwerk op verskeie kunstenaars se opnames.... die lysie hou net aan.
​
Heidi en haar man, Corné, begin natuurlik saamwerk aan hulle eie projekte en idees sedert hulle huwelik in 1996. Hulle fokus op die korporatiewe vermaaklikheidswêreld en brei later uit na die troumark. Saam, as die sangpaar Huwelied, doen hulle oorspronklike Afrikaanse musiek met 'n Christelike wêreldsbeskouing, sowel as Lof- en Aanbiddingsmusiek.
​
Soos met die res van hulle lewens, deel Heidi ook in die bediening, Ware Lewe Bediening. Dis ook na jare se deeltydse en voltydse bediening by ander gemeentes. Sy was onder andere die hoof van kreatiewe kommunikasie - die kunstedepartement by een van die groot, prominente gemeentes in Johannesburg.
​
Heidi voltooi 'n lywige kursus van 18 maande in innerlike geneesing. Daaruit vloei 'n nimmereindigende stroom van voltydse bediening aan mense wat emosioneel seer is. Hierdie fase duur ongeveer 7 jaar. Aangesien die nood so groot is, is een-tot-een bediening 'n druppel in die emmer. Tans is Heidi besig om mense op te lei en in groepe te bedien deur middel van seminare.
Sy en Corné is ook besig om natuurlike produkte aanlyn te versprei as deel van Huwelied se produktereeks. Dit sluit 'n reeks van lyfprodukte, natuurlik-alternatiewe gesondheidsprodukte en groenverboude koffie in.
​
Radio Nuwe Lied in die bymekaarkom van hierdie uiteenlopende belangstellings, opleiding en praktiese ondervinding.
Dr Hanlie Meyer
Dr Hanlie Meyer is 'n baie bekende en geliefde sielkundige wat in Pretoria gebaseer is. Sy was een van die eerste sielkundiges in Suid-Afrika wat Bybelse waarhede en beginsels gebruik het saam met wetenskaplike kennis, om so haar kliënte met groot liefde en sorg baie suksesvol by te staan.
​
Dr Meyer doen haar internskap in 1978 aan die UOVS. Sy word betrokke by die opleiding van dosente aan die universiteit, asook as 'n raadgewer oor studente beraders en interne sielkundiges.
​
Sy is 'n fasiliteerder by verskeie vrouekampe, seminare, werkswinkels en kort kursusse sedert 1980. Haar spesialisveld behels mense met gemoedssteurnisse en spanning. Al haar konsultasies geskied onder leiding van die Heilige Gees.
​
Kontak haar gerus op 082 550 0167 of stuur 'n vonkpos na hanlie.meyer@mweb.co.za
​
Kry meer inligting by haar webwerf: https://drhanliemeyerpsychologist.co.za/
Eben Swart
Eben Swart is sedert 1996 die hoof van Trumpet Call Ministries, gebaseer in Bellville, Kaapstad.. Die bediening het drie bene:
-
Lering. Sedert 2000 bied Trumpet Call the kursus, Prayer and Intersession Leaders Training Course aan.
-
Navorsing. Trumpet Call het 22 DVD's met spesialis navorsing oor onderwerpe soos sonaanbidding, die Hemelkoningin, Kundalini, demoniese sielskopieë en menige ander.
-
Kerkplanting. Trumpet Call is 'n voorstaander van die Huiskerkmodel. Eben doen lering hieroor en moedig mense in tradisionele kerke aan om sulke kerke in hulle eie omgewings te stig.
​
Eben is 'n fenominale aanbieder en leeraar. Jy sal groot baat vind by sy lering en jy kan alles gaan kry - baie daarvan verniet - op hulle webwerf by https://trumpetcall.co.za/
​
Jy kan gerus ook 'n vonkpos stuur na info@trumpetcall.co.za
​
As jy regtig baat vind by sy lering, kan jy 'n versoek rig op hulle webwerf vir opleiding in jou omgewing.
?
Grace
Grace is 'n skuilnaam vir die aanbieder van twee programme op Radio Nuwe Lied. Sy gebruik 'n skuilnaam aangesien hulle bediening, There4 Bedieninge, werksaam is in lande waar Christene vervolg word.
​
There4 Bedieninge het ten doel om mense wat in lande bly waar Christene vervolg word, by te staan en te bemoedig. 'n Tweede aspek van hulle bediening is om opleiding te gee oor dissipelskap.
​
Aangesien Kerklewe soos ons dit ken, nie daar bestaan nie, is daar 'n groot behoefte om mense wat onlangs tot bekering gekom het, te leer wat dit behels om Christus te volg, asook hoe om dan slelf dissipels te maak.
​
Uit die aard van wat hulle doen, sal hulle jou gebede opreg waardeer.
?
Hennie
van Staden
Hennie van Staden is verbonde aan Jesaja 35 Bediening. Die man het plat op die aarde boodkappe vir gewone mense oor die alledaagse, praktiese vrae wat mense het.
​
Dus vind almal groot baat by Hennie se boodskappe, wat gewoonlik antwoorde is op vrae wat mense vir hom instuur op sy Whatsapp-kanaal.
​
As jy hou van wat Hennie sê en die manier waarop hy dit sê, kontak hom gerus op 072 577 4299.