



Ondersteuning
Radio Nuwe Lied is 'n klein, onafhanklike potgooi-gedrewe stasie. Ons glo die dinge waaroor ons praat, is nou belangriker as ooit. Daar is min stemme uit die Christelike wêreld wat praat oor die sake wat ons land, mense, samelewing en gesinne raak. Aangesien ons nie geaffilieer is aan enige formele instansie nie, kan ons gesels oor wat ons glo belangrik is - alternatiewe beskikbaar in politiek, ekonomie, opvoeding en gesondheid, alles gesien vanuit 'n Christelike wêreldsbeskouing.
​
Verder is daar natuurlik ook leringsreekse - inligting wat jy by 'n kursus sou raakloop, meer as in 'n kerkdiens.
Hoe jy ons kan ondersteun
Eenmalige Donasie
Elke bietjie maak 'n verskil en laat ons toe om aan te hou met ons werk.
​
Kies 'n eenmalige bedrag waarmee jy ons wil ondersteun.
Luister en Deel op Spotify
Die verskeie programme is beskikbaar op Spotify. Luister dus gerus, sit dit in jou speellys en deel dit met jou vriende. Elke program het sy eie kanaal op Spotify, so soek gerus na die program wat jy in belangstel. Hier is ook 'n algemene speellys van Radio Nuwe Lied se verskeie programme:
​
Maandelikse Donasie
Maandelikse bydraes is die waardevolste ondersteuning wat ons help om ons gereelde verpligtelinge na te kom.
​
Kies 'n maandelikse bedrag waarmee jy ons wil ondersteun.