Die WHO (World Health Organization) het aan die einde van Mei 2024 hulle stemming oor belangrike sake wat 'n invloed het op ons persoonlike en nasionale vryheid. Dit geld vir alle lidlande, waarvan Suid_Afrika deel is.
Wat kan JY daaraan doen?
Jy as persoon kan iets daaraan doen. Jy hoef nie blind te wees, saam te speel, of net moedeloos te voel asof jou stem nie tel nie. Radio Nuwe Lied bied 'n geleentheid om meer inligting te bekom, asook jou stem te laat tel.
Wat gaan aan? #1
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie, meer bekend as WHO (World Health Organization) het aan die einde van Mei 2024 'n stemming oor 2 belangrike punte:
Die Pandemieverdrag
Aanpassings aan die Internasionale Gesondheidsregulasies
Albei hierdie sake het 'n reuse invloed op ons persoonlike en nasionale vryheid. Die dokumentêre film wat Radio Nuwe Lied gaan wys, verduidelik in detail wat alles behels, maar kortom is hierdie die gevolge indien die WHO hulle sin kry:
Verlies van nasionale soewereiniteit
Verlies van persoonlike soewereiniteit
Aanval op pasiënt/dokter verhouding
Toesig en deel van patogene
Produksie van entstof sonder aanspreeklikheid
Digitale V-paspoorte, wat nou bekendstaan as reisdokumente
Sensuur en beheer oor wat misinformasie en disinformasie is
Die konsep van "Een Gesondheid", wat die gesondheid van mense, diere, plante en die aarde alles op dieselfde vlak plaas.
Ons is seker hierdie is nie die toekoms wat jy vir jou en jou kinders in gedagte het nie.
Wat doen ons? #2
Radio Nuwe Lied wil graag iets aan hierdie saak doen. Ons bied dus 'n vertoning van 'n dokumentêre film aan in samewerking met ander regdenkende organisasies soos Children's Health Defence Africa, Freedom Alliance South Africa (FASA) en World Council for Health South Africa.
Hierdie dokumentêr is 'samevoeging van onderhoude, besprekings, mediavrystellings, ensovoorts. Dit bevat die opinies wat wêreldleiers in gesondheid en regerings wat baie bekommerd is oor die WHO se poging om nie net persone nie, maar alle lidlande se regerings te kaap.
Na die vertoning is daar tyd vir besprekings. Jy gaan dan ook die geleentheid kry om jou stem te sit by diegene wat reken dat Suid-Afrika hom behoort te onttrek as lid van WHO.
As jy onseker is oor wat aan die gang is en waaroor almal so bekommerd is, is hierdie jou geleentheid om die regte inligting te kom ondersoek. As jy reeds baie onsteld is oor wat jy uitgevind het met jou eie navorsing en iets daaraan wil doen, dan is hierdie ook die regte geleentheid.
Wat moet jy doen? #3
Daag op!! Jou stem maak saak.
Bespreek asseblief jou plek teen Vrydagmiddag 24 Mei 2024 om 17:00 by Corné op 079 272 1152.
Die vertoning vind plaas by Radio Nuwe Lied op Saterdag 25 Mei 2024 0m 10:00.
Die adres is Van Gerve Plaas, Groenfontein, Bronkhorstspruit.
Dis 'n maklike 5 minute uit die dorp op die Delmaspad. Met bespreking sal ons vir jou 'n pin drop stuur.
Kry dus al jou vriende en bespreek nou, Ja, dit is baie kort kennisgewing, so moet nie tyd mors nie!
Hierdie is deel van 'n landswye beweging onder leiding van die joernalis en regskenner, Sjabnam Palesa Mohamed, met ander sprekers soos Dr Tross Bekker, Dr Faan Oosthuizen, Dr Shankara Chetty, Fahrie Hassan, Prof Reginald Odour en Dr Wahome Ngare.
As ons dit nie kan bywoon nie, kan julle dit op die groep plaas om te kyk, en om Daar teen te kan stem.