top of page

Nuutste Potgooie

Corné Dannhauser

Francois J Lubbe - The Bush Lessons Guy

​

Corné Dannhauser praat in sy geselsprogram met die besigheidsafrigter, Francois J Lubbe. Francois is 'n veel bekroonde besigheidsleier en meng sy kennis van die besigheidswereld met sy liefde vir die natuur om besighede te help floreer. Hy het onlangs 'n boek hieroor uitgegee en het seminare hieroor in die pyplyn. Kom vind uit hoe die bos van jou 'n beter besigheidspersoon kan maak.

Kenners / Spesialiste

Heidi Dannhauser van Huwelied Huis & Ware Lewe Bediening

Holisties Gesond Ep 1.

Hoe Heidi in die veld van holistiese gesondheid beland het.

​

Holisties Gesond is 'n program deur die kenner, Heidi Dannhauser, oor die uitgebreide onderwerp van holistiese gesondheid. In hierdie maandelikse program gesels sy oor hoe om gesond te wees na liggaam, siel en gees, gesien vanuit 'n Christelike oogpunt. Sy is die ontwikkellaar en vervaardiger van vele produkte in hierdie veld, asook toonaangewende medisyne. Heidi word landswyd gereken en genader as kenner op hierdie produkte. Sy sit ook met dekades se ondervinding om ander te help met emosionele genesing.

Staan op, GebedsKryger! Thumb.png

Eben Swart

Staan op, Gebedskryger! Hindernisse in die pad van gebed (1)

​

Eben Swart van Trumpet Call Ministries deel hierdie ongelooflike waardevolle lering met ons luisteraars. Dit is deel van hulle opleiding aan intersessors, maar is van groot waarde vir elke gelowige. Eben is 'n fantastiese leeraar.

​

In hierdie episode praat hy oor wat kan keer dat jou gebede effektief is..

Staan op, Gebedskryger 05. Hindernisse in die weg van gebed (1)Eben Swart
00:00 / 20:21

Ons Storie

Radio Nuwe Lied sien die lig in 2020. Dis die resultaat van 'n behoefte om 'n mediaplatform te hê wat mense wêreldwyd in Afrikaans kan bedien, met inhoud wat gesinsvriendelik is, met 'n Christelike wêreldsbeskouing. Die inhoud moet meer bevat as net 'n 'Boekevat' gedeelte - intense lering- maar ook net lekker gemeenskapsake en ligte vermaak.

​

Radio Nuwe Lied skop af met 'n kombinasie van aanlyn  tradisionele radio en potgooie. Binne maande het hulle luisteraars in 24 lande. Die radio voel trots en doen goed, maar die handjievol personeel werk hulleself in die grond in. So, aanpassings word gemaak. 

​

Aangesien aanlynradio net so ver kan gaan - wie gaan nou heeldag radio luister as dit jou data op gebruik - is die eerste besluit om slegs potgooie te doen. Dit spaar 'n astronomiese hoeveelheid tyd. Tweedens doen ons weg met musiek wat tussen al die programme uitgesaai word, weereens omdat mense beter manier het om deesdae musiek te verbruik, met al die opsies van beskikbare stromingsplatforms soos Spotify, iTunes, YouTube Music en Deezer.

​

Volgende word lewende uitsendings van potgooie ook tydelik gestop. Die verskil tussen 'n regte lewende potgooi en dieselfde episode wat jy kyk of luister wanneer jy wil, is nie die moeite werd vir die hoeveelheid energie en tyd wat dit neem om dit te doen nie. 

​

Om al hierdie verandering te vier, dateer Radio Nuwe Lied toe ook hulle 'look' op. Welkom by die vernuwe Radio Nuwe Lied. Dieselfde fantastiese inhoud, vars voorgesit!

Lekka Koffie ad vir RNL.jpg
M4W RNL Ad (300 x 350 px).jpg
  • Radio Nuwe Lied Facebook
  • Youtube

Kom gerus in kontak met ons

Sit jouself op ons databasis om in kontak te bly.

Dankie!

© 2020 - Vandag deur Radio Nuwe Lied

bottom of page