top of page

Nuutste Potgooie

Oorwin Kanker Natuurlik

(Daleen Fasen Onderhoud)

​

​Corné Dannhauser het 'n onderhoud met Daleen Fasen oor haar pad na genesing van kanker met natuurlike middels. Voor aan die lysie is die kankerprotokol van Huwelied Huis wat insluit CDS (Chlorine dioxide solution), natuurlike aanvullings, Fenbendazole en Ivermectin. Sy het ook 'n hele lewensstyl aanpassing gemaak, haar dieët aangepas, haar emosionele wêreld bekyk en haar omring met 'n geloofsgemeenskap wat haar kon ondersteun. Dit is alles dinge wat enige mens kan doen. Daar is hoop vir jou as jy gediagnoseer is met kanker, of enige erge siekte. Dit hoef nie 'n doodsvonnis te wees nie. Luister na Daleen se storie en skep moed.

Word Bewus Van Hierdie Politieke Opsies

(Future of Nations Conference)

​

​Ons almal kla oor die politieke situasie in die land. Is daar werkbare alternatiewe? Ja. Meer as een, om die waarheid te sê. Corné praat met Matthew Oliver, skakelbeampte by Lex Libertas, oor wat hulle doel as denkers en doeners is. Een groot, oorkoepelende antwoord vir Suid-Afrika se probleme, is desentralisering. Dit kan verskeie vorms aanneem. The Future of Nations Conference is 'n geleentheid waar jy kan kom luister na sprekers van regoor die wêreld wat gaan praat hieroor. 

Daar is lokale sprekers soos  Ernst Roets, Rob Hersov, Jaco Kleynhans, Princess Bhelakazi en Dawie Roodt. Dan is daar internasionale sprekers soos Stefano Forte, President van die New York Young Republican Club, Kristof Slagmulder en Tom van Grieken van Vlaams Belang, en Esma Kurtlu van Independent Institute: USA.

Die konferensie in 25 Februarie 2026 by Protea Hotel Fire & Ice in Pretoria. Vir meer inligting en om te bespreek, gaan na https://www.lexlibertas.org.za/events.

Mensehandel In SA. Is Jy Weerbaar?

(Stop Trafficking of People Onderhoud)

​

​Ek wens ons kon net oor die mooi dinge van die lewe praat, of net vermaaklike dinge beloer. Ongelukkig is daar die lelike kant van die lewe ook, en as 'n mense nie daaraan aandag gee nie, dan loop dinge verkeerd. In hierdie episode praat Corné Dannhauser met Rochelle van Stop Trafficking of People SA oor die ongemaklike onderwerp van mensehandel. Dit gebeur nie nie met mense daar vêr in ander lande nie. Suid-Afrika is ongelukkig 'n wêreldvoorloper met dinge soos mensehandel, in al sy verskeie vorme en fasette. Weet jy wat om te doen, hoe om jou kinders weerbaar te maak en hoe om te verhoed dat jou familie so iets oorkom?

The Key of David

Kenners / Spesialiste

Holisties Gesond Ep 1.

Hoe Heidi in die veld van holistiese gesondheid beland het.

​

Holisties Gesond is 'n program deur die kenner, Heidi Dannhauser, oor die uitgebreide onderwerp van holistiese gesondheid. In hierdie maandelikse program gesels sy oor hoe om gesond te wees na liggaam, siel en gees, gesien vanuit 'n Christelike oogpunt. Sy is die ontwikkellaar en vervaardiger van vele produkte in hierdie veld, asook toonaangewende medisyne. Heidi word landswyd gereken en genader as kenner op hierdie produkte. Sy sit ook met dekades se ondervinding om ander te help met emosionele genesing.

Kragdag Logo 3.png

2025

Luister gerus na al die onderhoude wat Radio Nuwe Lied gehad met met van die besighede wat hulle dienste kom tentoonstel het by Kragdag 2025.

  • Radio Nuwe Lied Facebook
  • Youtube

Kom gerus in kontak met ons

Sit jouself op ons databasis om in kontak te bly.

Dankie!

© 2020 - Vandag deur Radio Nuwe Lied

bottom of page